Meet your new press agent







Oor Kontax

Publiseer


Kontax se dienste is in meer as 160 lande, en die onderskeie tale van daardie lande, beskikbaar. Kontax stel korporatiewe en insitusionele kliënte in hierdie lande in staat om ’n onbeperkte aantal multimedia-persvrystellings in die taal van hulle keuse te publiseer, en om professionele vertalings vir hulle persvrystellings in enige ander taal te bekom.

Vertaal


Gebruikers kan direk met Kontax-vennootvertaalmaatskappye in verbinding tree. Hierdie vertaalmaatskappye – waarvan die meeste ISO 9001 of gelykstaande sertifisering het, en wat almal EN 15038-gehalteversekeringsprosedures toepas – is in elke land aangestel om te verseker dat vertaalde persvrystellings geoptimaliseer is ten opsigte van koste en gehalte.

Versprei


Aangesien persvrystellings wat op Kontax gepubliseer word na joernaliste en sosiale media regoor die wêreld versprei word en geskik is vir soekenjins in enige land, stel Kontax gebruikers in staat om hulle produkte te bevorder, hulle dienste te verkoop, hulle vennote te kies, en hulle markte wêreldwyd te monitor.

Dienste

  Publiseer
12 EUR

  • Publikasie van persvrystellings in die taal en vakgebied van jou keuse

  • Multimedia-persvrystellings (YouTube-video’s, foto’s...)

  • Onbeperkte teks

  • Volledige aanlyn-Persvrystellingsbestuurstelsel

  • Outomatiese sindikering van persvrystellings in toonaangewende sosiale media wêreldwyd

  • Soekenjin-optimalisering (SEO) van persvrystellings

  • Toeganklik via mobiele toestelle en handrekenaars

  Vertaal
110 EUR

  • Geoptimaliseerde vertaalkoste weens die feit dat vertaalmaatskappye in verskeie wêreldlande geleë is
  • Vertalings word gedoen deur ’n wêreldnetwerk van vertaalmaatskappye met ISO 9001 of gelykstaande sertifisering
  • Vertalings van persvrystellings beskikbaar in meer as 160 lande en die onderskeie tale van daardie lande
  • Direkte kontak met die aangewese vertaalmaatskappy vir jou land
  • Geïntegreerde gehaltebeheer

  Versprei
149 EUR

  • Teikens sluit 900,000 joernaliste
  • Leserstal van minstens 2,000 joernaliste gewaarborg
  • Formaat voldoen aan Newswire-standaarde / NewsML-indekseringstandaarde
  • Regstreekse leserstalstatistiek/Gedetailleerde verslaggewing

  Volg
0 EUR

  • Markwaarneming in alle tale, lande en marksektors
  • RSS-toevoer volgens vakgebied en taal
  • Persvrystellingskennisgewings – beskikbaar volgens stad/dorp, land, taal, vakgebied en sleutelwoord
  • Aantal besoeke per persvrystelling volgens land
  • Argief en Soekstelsel beskikbaar in al die vernaamste tale

Dís hoe Kontax die wêreldwye impak van jou persvrystellings optimaliseer:


  Wanneer jy ’n persvrystelling publiseer, stuur Kontax vir jou ’n e-pos as kennisgewing. Stuur dit na jou vriende, kliënte en moontlike kliënte vir ’n groter sosiale impak!


Om ’n persvrystelling te vertaal, gaan na jou Gebruikerspaneel, kies die persvrystelling en kliek op die “Vertaal”-ikoon : Jou Kontax-vertaalbestuurder sal sorg vir die res. In ’n globale ekonomie sal dit die internasionale impak van die persvrystelling optimaliseer.

Om ’n persvrystelling te versprei, gaan na jou Gebruikerspaneel, kies die persvrystelling en kliek op die "Versprei"-ikoon Jy is in beheer van die verspreidingsdatum en optimaliseer sodoende die tydsberekeningsimpak.

Om hul globale impak te optimaliseer, sal jou persvrystellings (en vertaalde weergawes daarvan) outomaties

in die veeltalige daaglikse kennisgewings en weeklikse nuusbriewe aan Kontax-gebruikers ingesluit word,

in Kontax se RSS-toevoer ingesluit word,

deur Kontax na sosiale media soos Twitter, Facebook, Linked In, Xing, ens. oorgedra word.